Maak vir elke persoon sy eie onderstebo herderspasteitjie!
6–8 porsies
Bestanddele
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
sout en peper
1 eiergeel
bietjie olie
1 ui, fyngesny
600 g beesmaalvleis
5 ml (1 t) fyn koljander
250 ml (1 k) bevrore groente
250 ml (1 k) cheddarkaas
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Kook aartappels tot sag en druk fyn met aartappeldrukker. Geur met sout en peper. Roer eiergeel by wanneer effe afgekoel.
- Verhit olie en soteer ui tot sag. Braai maalvleis en geurmiddels saam tot gaar.
- Voeg groente by en braai vir nog ’n minuut.
- Druk van kapokaartappels teen bodem en kante van ses tot agt groot gesmeerde muffinholtes vas.
- Skep maalvleismengsel in aartappelholtes tot vol. Sprinkel kaas bo-oor.
- Bak vir ongeveer 20 minute. Laat effe afkoel en skep met eetlepel uit.