Maak ’n omelet in ’n sakkie in die mikrogolf!
2 porsies
Bestanddele
4 eiers
100 ml melk
sout en peper
125 ml (½ k) ham, in blokkies gesny
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
30 ml (2 e) pietersielie, fyngekap
½ rooi soetrissie, gekap
4 grasuie, gekap
2 Ziplock-sakkies
Metode
- Breek twee eiers in sakkie. Gooi 50 ml melk en bietjie sout en peper in elke sakkie.
- Verdeel ham, kaas, pietersielie, soetrissie en grasuie in elke sakkie.
- Druk al die lug uit sakkie en seël goed.
- Mikrogolf vir twee minute of tot eier gestol is.
- Haal versigtig uit sakkie en bedien met roosterbrood.
Wenke
- Maak seker alle plastiek is BPA-vry. Dit beteken die plastiek kan baie hoë hitte in die mikrogolf hanteer en is dan nie gevaarlik nie.
- Kook kos tot 80% gaar. Kos sal buite die mikrogolf aanhou gaar word.