Gesmelte kaas bly bobaas! Hierdie ham-en-kaas-pakkies is ’n wenner en die kinders kan help
Foto Mareli Visser
Ham-en-kaas-pasteie
Bestanddele
6 pakkies
5 ml (1 t) suurdeeg
5 ml (1 t) suiker
250 ml (1 k) water, louwarm
500 ml (270 g) witbroodmeel
15 ml (1 e) olyfolie
2,5 ml (½ t) sout
6 skywe kaas
6 velle ham
1 eier, geklits
Metode
Voorverhit oond tot 200 °C en berei twee bakplate voor.
1 Meng suurdeeg, suiker en louwarm water. Laat staan vir vyf minute totdat dit skuim.
2 Voeg meel, olie en sout by suurdeegmengsel. Knie vir vyf minute tot glad en elasties.
3 Bedek met plastiek en laat rys vir 30 minute of tot dubbelvolume.
4 Verdeel deeg in ses gelyke dele. Druk plat om reghoeke te vorm.
5 Plaas deegreghoeke op bakplaat. Vul met kaas en ham, vou deeg toe en knyp kant vas. Druk met vurk om te seël.
6 Verf met eier en sny drie kepe in met mes.
7 Bak vir 20 minute tot goudbruin en gaar. Bedien warm.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.