Bederf jou mense met smores! Dié smores-resep maak 6 porsies
Bestanddele
klompie sosatiestokkies
150 g (1 pak) malvalekkers
200 g (1 pakkie) sjokolade verteringskoekies (digestive)
1 houertjie honderde en duisende (hundreds and thousands)
LEES OOK: Koue malvalekkerpoeding
Metode
- Steek malvalekkers op sosatiestokkies en braai oor kole.
- Plaas gebraaide malvalekker op sjokoladekoekie.
- Druk malvalekker met tweede koekie toe.
- Gooi honderde en duisende in vlak bakkie en rol dadelik, terwyl malvalekkers nog sag is daarin.
- Sit dadelik voor.
