Wilmien Smuts is die hoofsjef by die Red Table-restaurant buite die Paarl en vertel sy is gebore met ‘n belangstelling in kos.
Deur MARYKE ROBERTS
Bestanddele
1 groot eend
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies
6 takkies tiemie
olyfolie
SOUS
45 ml (3 e) granaatsap, rofweg een klein granaat
15 ml (1 e) suurlemoensap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
60 ml (4 e) olyfolie
5 ml (1 t) pruimsap
5 ml (1 t) witasyn
knypie sout
SLAAI
1-2 handevol spinasie
5 lemoenskyfies
4 middelslagbete, gerooster en in skywe gesny
Metode
1 Vul eend met ui, knoffelhuisies en tiemie en geur vel met olyfolie.
2 Bedek oondpan met foelie en braai eend stadig vir twee uur teen 140 °C. Laat afkoel en vlok.
3 Sous Meng bestanddele saam en laat in yskas afkoel.
4 Slaai Sit spinasie op bodem van bak met beet en lemoenskyfies in lae en gevlokte eend bo-op.