Die basiese bestanddele is in jou koskas. Vir elke resep het jy net een of twee ekstra bestanddele nodig vir ’n heerlike gereg
Deur MARLO KITSHOFF- CARSTENS
Foto’s ELMARIE KNAPTON
4 porsies
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
1 groot aartappel, gerasper
12 murgpampoentjies, gerasper
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
sout en peper na smaak
AFRONDING
60 ml (4 e) olyfolie
30 ml (2 e) koljanderpesto
1 skyf fetakaas, gekrummel
paar pekanneute, grofgekap
1 Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot sag.
2 Voeg aartappel by en braai saam.
3 Voeg murgpampoentjies by en braai nog bietjie.
4 Voeg hoenderaftreksel by en laat oor matige hitte vir 25 minute kook met kastrol se deksel op.
5 Verpulp sop met stokmenger (stick blender) of bietjies-bietjies in voedselverwerker tot glad.
6 Afronding Meng olyfolie en pesto. Skep op sop en sprinkel fetakaas en neute oor.
7 Sit warm saam met brood voor.