’n Gesonde murgpampoentjiebrood wat vinnig en maklik is
Bestanddele
1 brood
500 ml (2 k) koekmeel
250 ml (1 k) witbroodmeel
3,75 ml (¾ t) koeksoda
3,75 ml (¾ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) kaneel
2,5 ml (½ t) sout
500 ml (2 k) murgpampoentjies
80 ml (1/3 k) suiker
30 ml (2 e) heuning
125 ml (½ k) ongegeurde jogurt
2 groot eiers
60 ml (4 e) klapperolie
Metode
Verhit oond tot 165°C en voer ’n 10 cm x 30 cm-broodpan met waspapier uit.
- Meng koekmeel, witbroodmeel, koeksoda, bakpoeier, kaneel en sout in mengbak.
- Rasper ongeskilde murgpampoentjies grof en druk vog uit.
- Meng murgpampoentjies, suiker, heuning, jogurt, eiers en klapperolie in mengbak.
- Voeg murgpampoentjiemengsel by droë bestanddele en meng goed.
- Skep beslag in broodpan.
- Bak vir 50 minute tot goudbruin en gaar.
- Haal uit oond en laat effens afkoel. Verwyder waspapier.