Maak maklike en heerlike disse met groente. Selfs die kinders sal nie hul neuse daarvoor optrek nie!
4 porsies
BESTANDDELE
250 g (1 pakkie) lasagnevelle
bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë basiliekruid
500 g (2 pakkies x 250 g) sampioene, in skyfies gesny
500 g murgpampoentjies, in dun skyfies gesny
400 g (1 bottel) tamatiepastasous
10 ml (2 t) suiker
sout na smaak
peper na smaak
KAASLAAG
45 ml (3 e) botter
45 ml (3 e) koekmeel
375 ml (1½ k) warm volroommelk
250 g (1 bakkie) laevet roomkaas
2 ekstragroot eiers
2,5 ml (½ t) sout
knypie peper
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
BOLAAG
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
Stel oond op 180 °C.
BESTANDDELE
- Verhit bietjie olie en soteer uie, knoffel en basiliekruid tot ui sag is.
- Voeg sampioene by en soteer tot meeste vloeistof verdamp het.
- Skep sampioenmengsel uit en hou eenkant.
- Verhit nog olie indien nodig en soteer murgpampoentjies tot sag.
- Skep sampioenmengsel terug in kastrol. Voeg tamatiepastasous en suiker by. Geur na smaak met sout en peper.
- Prut groentemengsel oor lae hitte vir 15 minute tot sous verdik.
- Kaaslaag Smelt botter in kastrol. Roer koekmeel by tot ‘n bal vorm. Voeg klein bietjies warm melk op ‘n slag by terwyl jy roer. Roer tot glad en sonder klonte.]
- Laat prut vir 2 minute of tot sous begin borrel. Verwyder van hitte. Laat bietjie afkoel.
- Roer roomkaas, eiers, sout, peper en mozzarellakaas by en roer tot goed gemeng.
- Pak lasagnevelle in 22 cm x 32 cm-oondbak wat met kossproei gespuit is.
- Skep helfte van murgpampoentjiemengsel op. Skep helfte van kaasmengsel op. Maak gelyk.
- Pak weer laag lasagnevelle op. Skep oorblywende murgpampoentjiesmengsel op.
- Pak weer lasagnevelle op murgpampoentjiemengsel en skep dan oorblywende kaasmengsel bo-op.
- Bolaag Sprinkel mozzarellakaas oor.
- Bak vir 45 minute of tot toetspen deur lasagnevelle kan steek.
- Sit warm voor.