ongeveer 60 stukkies
Bestanddele
1,5 kg (9 k) bruismeel
7,5 ml (1½ t) koeksoda
7,5 ml (1½ t) sout
750 ml (3 k) muesli
375 ml (1½ k) suiker
500 ml (2 k) karringmelk
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
3 eiers
500 g (1 blok) botter, gesmelt
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Sif meel, koeksoda en sout.
2. Roer muesli en suiker by tot goed gemeng.
3. Klits karringmelk, jogurt en eiers goed.
4. Roer gesmelte botter tot glad en voeg by karringmelkmengsel. Meng goed.
5. Voeg karringmelkmengsel by meelmengsel en meng goed met houtlepel.
6. Skep deeg in 3 gesmeerde broodpannetjies van ongeveer 10 cm x 28 cm.
7. Bak vir 50-60 min. of tot toetspen skoon uitkom.
8. Laat afkoel en breek of sny in stukkies.
9. Droog in oond uit teen 70 °C vir vyf uur of langer tot droog.