Jy kan met min moeite ’n smaaksensasie optower
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto ANDREA CALDWELL
1 groot koek
KOEK
5 ekstragroot eiers, geskei
187 ml (3/4 k) water
312 ml (1¼ k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
560 ml (2¼ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout
1 ml kremetart
MOUSSEVULSEL
3 00 g donkerbruin sjokolade, in
blokkies gebreek
250 ml (1 k) room
30 ml (2 e) versiersuiker
Stel oond op 180 °C.
- Koek Klits eiergele en water saam. Voeg strooisuiker by en klits nog drie minute tot liggeel.
- Klits olie by.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vou meelmengsel by eiergeelmengsel in.
- Klits eierwitte saam met kremetart tot styf. Vou eierwitte by beslag in.
- Verdeel beslag in twee gesmeerde ronde koekpanne van 22 cm-deursnee wat met bakpapier uitgevoer is.
- Bak vir 27 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat bietjie in koekpanne afkoel en keer versigtig op afkoelrak uit om heeltemal af te koel.
- Moussevulsel Plaas sjokolade en room in dubbelkastrol en laat smelt terwyl jy af en toe roer. Jy kan dit ook in mikrogolfoond teen lae hitte vir ongeveer drie minute laat smelt.
- Roer tot glad en laat vir 30 minute in yskas afkoel.
- Klop tot pofferig met houtlepel.
- Plaas een koeklaag op opdienbord. Smeer sjokolademousse oor en plaas ander koeklaag bo-op.
- Sif versiersuiker oor koek en versier soos verkies.