Warm weer en seekos loop saam. Besoek jou algemene vishandelaar waar jy die varsste seekos kan koop en maak dié heerlike mosselpot!
Deur SUZANNE CRO ZIER
Foto’s ANDREA CALDWELL
6–8 porsies
Bestanddele
30 ml (2 e) botter
1 ui, in ringetjies gesny
30 ml (2 e) fyn knoffel
1 tiemietakkie
800 g halwedopmossels
125 ml (½ k) witwyn
250 ml (1 k) room
sout en peper
125 ml (½ k) wit kaas, gerasper
BROODKRANS
1 pak gekoopte brooddeeg
1 eier
30 ml (2 e) sesamsaad
knypie paprika
knypie knoffelsout
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Smelt botter in groot pot en braai uie, knoffel en tiemie tot sag.
- Roer mossels en wyn deur en laat kook tot helfte van wyn verdamp.
- Gooi room by en laat verder kook tot verdik.
- Geur met sout en peper en draai hitte af.
- Roer kaas deur.
- Broodkrans Verdeel deeg in 20 klein bolletjies.
- Rol elke bolletjie koeelrond, verf met eier en sprinkel met sesamsaad, paprika en knoffelsout.
- Draai opdienbak vir mossels op bakplaat om. Pak bolletjies daarom sodat krans kan vorm. Haal opdienbord af nadat dit gevorm is.
- Laat bolletjies vir 20 minute onder stuk plastiek rys.
- Bak vir 30–40 minute of tot goudbruin.
- Skep mossels in opdienbord en sit dit in die holte.