Die bestanddele vir hierdie mokka-haselneut-kaaskoek mag jou ’n paar rand uitwerk, maar elke proe is die geld werd!
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS en SUZANNE CROZIER
Foto ANDREA Caldwell
16 porsies
KORS
100 g (1 pakkie) haselneute
175 g (1 pakkie) Oreo-koekies
90 g botter, gesmelt
VULSEL
4 eiers
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
30 ml (2 e) koekmeel
5 00 g (2 x 250 g-bakkies) roomkaas by kamertemperatuur
250 ml (1 k) suurroom
250 ml (1 k) dikroom (Woolworths)
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 00 g (1 plak) donkersjokolade, gesmelt
60 ml (4 e) sterk aangemaakte koffie
Maak ook hierdie ystervarkiekoek
Stel oond op 150 °C.
- Kors Rooster haselneute in oond of in warm braaipan. Vryf velletjies met vadoek af.
- Kap haselneute grof en gooi saam met koekies in voedselverwerker en kap tot fyn.
- Voeg gesmelte botter by en roer tot koekiekrummels gemeng is.
- Druk op bodem van losboom-koekpan van 24 cm in deursnee vas.
- Vulsel Klits eiers en bruinsuiker met elektriese klitser, ongeveer vier minute.
- Sif koekmeel bo-oor en klits weer vir een minuut.
- Voeg roomkaas, suurroom, dikroom en vanieljegeursel by. Klits tot goed gemeng vir ongeveer vier minute.
- Roer gesmelte sjokolade en koffie by vulsel.
- Giet vulsel in losboomkoekpan met koekielaag.
- Plaas koekpan in oondpan om te keer dat botter nie uitkook nie.
- Bak vir 75 minute. Die binnekant van kaaskoek hoef nie heeltemal gestol te wees nie.
- Sit oond af en maak oonddeur ’n bietjie oop. Laat staan kaaskoek vir ’n uur in warm oond.
- Verwyder kaaskoek uit oond en plaas oornag in yskas. Verwyder losboomkoekpan en plaas op koekstaander.
- Sny in skywe en sit voor.