Maak die drankie op ‘n warm somersdag
8 glase
500 ml (2 k) water
500 ml (2 k) suiker
30 mentblaartjies
4 tot 6 lemmetjies
2 l sodawater of limonade
Bacardi-rum na smaak
fyngekapte ys
1 Verhit water en suiker in kastrol oor matige hitte tot suiker opgelos is. Laat kook nog vyf minute. Verwyder van hitte en gooi mentblaartjies by.
2 Roer deur en laat vir ongeveer vier uur afkoel. Haal mentblaartjies uit.
3 Rol lemmetjies op werksoppervlak met palm van jou hand tot bietjie sagter. Dit help dat sap makliker uitdruk.
4 Sny lemmetjie in middel deur, druk sap uit en voeg by suikerstroop. Hoeveelheid lemmetjies wat jy wil gebruik, hang van jou smaak af.
5 Verdun suikerstroop met sodawater of limonade. Voeg rum by soos verkies.
6 Gooi fyn ys in glase en verdeel drankie tussen glase.
7 Voeg nog vars mentblaartjies by en sit koud voor.