Nooi jou vriendinne oor en bederf hulle met hierdie lekker mojito-geïnspireerde kolwyntjies
16 kolwyntjies
Bestanddele
3 eiers, geskei
100 ml water
5 ml (1 t) vanieljegeursel
100 ml olie
1 5 ml (1 e) suurlemoenlikeur (limoncello)
15 ml (1 e) suurlemoenskil
230 ml strooisuiker
380 ml koekmeel
12,5 ml (2½ t) bakpoeier
1,25 ml (¼ t) sout
30 ml (2 e) mielieblom (maizena)
SOUS
250 ml (1 k) kruisementblare
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) water
6 0 ml (¼ k) suurlemoenlikeur (limoncello)
VERSIERSEL
6 eierwitte
350 ml (300 g) suiker
lemmetjiegroen koekkleursel
7,5 ml (1½ t) gelatien
15 ml (1 e) water
Metode
Verhit oond tot 180 °C en voer twee kolwyntjiepanne met wit papiertjies uit.
- Klits eiergele, water, vanielje, olie, suurlemoenlikeur en suurlemoenskil. Gooi strooisuiker geleidelik by, klits tot lig en donsig.
- Sif meel, bakpoeier, sout en mielieblom en vou by eiergeelmengsel in.
- Klits eierwitte tot sagtepuntstadium en vou by mengsel in.
- Skep mengsel in kolwyntjiepapiertjies.
- Bak vir 20–25 minute tot goudbruin en gaar.
- Sous Kook kruisementblare, suiker, water en suurlemoenlikeur vir vyf minute.
- Gooi sous deur sif en hou kruisementblare eenkant.
- Prik kolwyntjies en gooi bietjie van sous oor elkeen.
- Versiersel Klits eierwitte, suiker en kruisementblare (van die sous) op dubbelkoker totdat suiker opgelos het. Wees versigtig dat mengsel nie te warm raak nie.
- Voeg paar druppels koekkleursel by en klits tot amper styf.
- Spons gelatien in water en smelt in mikrogolf.
- Klits eierwitte tot styf en voeg gelatien geleidelik by.
- Versier kolwyntjies.