Gee ‘n onverwagse kinkel aan Moedersdag en bederf Ma met hierdie dekadente nagereg van vars perskes in ‘n Pongrácz Brut- en tiemie-jellie
Deur Wilna Myburg
Dié nagereg met Suid-Afrika se nommereen Méthode Cap Classique as die hoofbestanddeel sal haar werklik spesiaal laat voel. Pongrácz Brut gee daardie ekstra sprankel aan hierdie ligte nagereg danksy ‘n perfekte balans tussen vars suurheid en verfrissende groen appels met subtiele brioche-geure.
Vir ‘n retro-sjiek afronding kan jy die nagereg in pragtige, wye rand Marie Antoinette-glase bedien – en onthou om Ma nog verder te bederf met ‘n glas Pongrácz Brut om daarmee saam te geniet.
Vars perskes in Pongracz- en tiemie-jellie
Bedien 6
30 ml (2 e) gelatien-poeier
750 ml (3 k) Pongrácz Brut
60 g suiker
2 vars perskes, ontpit en in vierkante gesny
6 takkies tiemie, gebruik slegs die blare
1 Meng 125 ml (½ k) Pongrácz Brut met gelatien in klein bakkie. Plaas eenkant vir vyf minute.
2 Meng res van Pongrácz en suiker in medium souspan oor lae hitte totdat suiker gesmelt het, roer deurlopend. Voeg die gelatienmengsel daarby en roer tot dit gesmelt het.
3 Giet Pongrácz-jelliemengsel in 6 x 125 ml glase. Voeg drie stukkies perskes per glas saam met ‘n paar tiemie-blare by.
4 Plaas in yskas vir vier ure of gestol. Bedien met vars tiemie en Pongrácz.
Besoek www.pongracz.co.za, www.facebook.com/PongraczCapClassique of volg Pongrácz op Twitter by @Pongracz. Die hele Pongrácz-reeks is aanlyn te koop by www.vinoteque.co.za.