Melktert is so eg Suid-Afrikaans soos biltong en braai. Vier ons melktert-erfenis met hierdie japtrapresep
Melktert in ’n glas
12 glasies
KORS
½ pak (100 g) tennisbeskuitjies
52 ml (50 g) botter, gesmelt
VULSEL
500 ml (2 k) melk
130 ml (125 g) botter
1,25 ml (¼ t) sout
5 ml (1 t) vanielje
2 stukke pypkaneel
95 ml (80 g) suiker
1 groot eier
80 ml (50 g) mielieblom
50 ml water
fyn kaneel
1 Kap tennisbeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter. Skep in glasies en druk vas. Verkil in yskas.
2 Roer melk, botter, sout, vanielje en pypkaneel oor lae hitte tot botter smelt.
3 Gooi suiker by kokende melk en meng goed.
4 Klits eier, gooi halwe koppie kokende melk by en klits. Gooi eiermengsel by kokende melk en meng goed.
5 Meng mielieblom en water. Gooi by kokende mengsel en roer aanhoudend – dit raak vinnig dik.
6 Kook stadig vir drie minute tot gaar. Laat effe afkoel, verwyder pypkaneel en skep in spuitsak.
7 Spuit vulsel bo-op beskuitjielaag en verkil. Strooi kaneel oor en versier soos verkies.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.