Maak hierdie koekies ekstra lekker met rooswater
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Assistent Suzanne CROZIER
Foto Andrea Cal dwell
8 koekies
125 g (¼ blok) sagte botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) volroommelk
15 ml (1 e) rooswater
374 ml (1½ k) koekmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
knypie sout
6 Turkish Delight-lekkers, opgekap
VERSIERSEL
125 ml (½ k) versiersuiker, gesif
7,5 ml (1½ t) kookwater
druppel pienk of rooi voedselkleursel
gekapte pistasieneute (opsioneel)
Stel oond op 180 °C.
1 Room botter en strooisuiker met elektriese klitser saam tot liggeel, ongeveer vyf minute.
2 Klits eiers by tot goed gemeng.
3 Kilts melk en rooswater by tot gemeng.
4 Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer by bottermengsel tot deeg.
5 Roer Turkish Delight by.
6 Spuit agt metaaltimbaalvormpies goed met kossproei en sprinkel koekmeel binne-in sodat dit kosproei kan bedek en koekies makliker sal uitkeer.
7 Verdeel beslag tussen metaalvormpies om dit net bietjie meer as halfvol te vul.
8 Plaas op bakplaat. Bak vir 20 tot 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
9 Laat koekies bietjie afkoel. Keer op afkoelrakkie uit tot heeltemal afgekoel.
10 Versiersel Giet versiersuiker in mengbak.
11 Meng kookwater en voedselkleursel tot gemeng. Roer gesifte versiersuiker by tot loperige versiersel.
12 Giet oor koekies en rond met gekapte pistasieneute af indien verkies.