Maak hierdie mieliebrood in ’n kits!
12 porsies
Bestanddele
500 g (4 k) koekmeel
30 ml (2 e) bakpoeier
7,5 ml (1½ t) sout
60 ml (4 e) vars pietersielie, gekap
2 50 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
2 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) karringmelk
410 g (1 blik) geroomde mielies
LEES OOK: Piesangbrood
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
- Roer gekapte pietersielie en cheddarkaas by meelmengsel.
- Klits eiers en roer karringmelk daarby. Voeg mielies by.
- Voeg mieliemengsel by meelmengsel en roer tot deeg.
- Voer broodpan van ongeveer 28 cm x 10 cm groot met bakpapier uit. Spuit met kossproei en skep deeg daarin. Maak deeg gelyk bo-op.
- Bak vir 1 uur en 15 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat mieliebrood bietjie in broodpan afkoel en keer dan op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel. Trek bakpapier af.
- Sit voor in skywe soos verkies.