Maklik en heerlik! Maak dié mieliebrood vandag nog
1 broodjie
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
500 g (1 pakkie) bruismeel
knypie sout
45 ml (3 e) strooisuiker
340 g (1 blik) suikermielies (roomsoort)
410 g (1 blik) ingedampte melk
1 eier
75 ml (5 e) water
60 ml (4 e) olie
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Verhit olie en soteer ui tot sag. Hou eenkant.
2. Sif meel en sout saam. Roer suiker, mielies en gesoteerde ui daarby.
3. Klits melk, eier, water en olie saam en roer by meelmengsel.
4. Skep deeg in gesmeerde broodpan.
5. Bak vir 60 min. of tot toetspen skoon uitkom.
6. Sit in snytjies saam met botter en kaas voor.