Hierdie Mexikaanse pastaslaai kan maklik in ‘n aandete omskep word – voeg net hoender en spek by
4 porsies
Bestanddele
500 g skroefpasta
30 ml (2 e) olie
sout
bietjie olie
1 ui, gekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel
500 ml (2 k) bevrore mielies
420 g (1 blik) rooibone, gedreineer
250 ml (1 k) suurroom
125 ml (½ k) tamatiesalsa (gebottel)
handvol vars koljanderblare
Metode
- Kook pasta in baie water met olie en sout tot net gaar. Dreineer en hou eenkant.
- Verhit olie en braai ui tot sag. Voeg soetrissie en knoffel by en braai effe.
- Voeg mielies en rooibone by en braai effe tot mielies ontvries is. Haal van hitte af en hou eenkant tot afgekoel.
- Meng suurroom en tamatiesalsa.
- Meng pasta, mieliemengsel en suurroommengsel. Snipper vars koljanderblare by.