Mexikaanse neutkoekies is heerlik! Het jy dit al gemaak?
Maak 36
Bestanddele
250 ml (1 k) pekanneute
430 ml (1¾ k) koekmeel
1,25 ml (¼ t) sout
250 ml (1 k) botter
250 ml (1 k) versiersuiker
2,5 ml (½ t) vanielje
375 ml (1½ k) versiersuiker
Metode
Verhit oond tot 180 °C en voer bakplaat met waspapier uit.
- Kap pekanneute baie fyn en meng met meel en sout.
- Room botter en versiersuiker en voeg vanielje by.
- Voeg meelmengsel stadig by en meng tot deeg vorm.
- Bedek deeg met kleefplastiek en laat rus vir ’n uur in yskas.
- Skep deeg met 15 ml-maatlepel en rol in balletjie.
- Bak vir 12 minute tot goudbruin en gaar.
- Verwyder uit oond en rol in versiersuiker. Laat effens afkoel en rol weer in versiersuiker.
- Stoor in vrieskas in lugdigte houer.