Hierdie Mexikaanse eiers is lekker vir aandete of ontbyt!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
½ geel soetrissie, ontpit en in repies gesny
½ rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
2 50 g (1 pak) spinasie, gewas, ontstingel en in repies gesny
410 g (1 blik) tamatie-en-uie-mengsel
410 g (1 blik) bone in tamatiesous
sout
knypie rooipeper
4 eiers
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Verhit olie in oondvaste braaipan.
- Soteer ui tot sag en voeg soetrissies by. Soteer vir twee minute. Voeg spinasie by en soteer tot net verwelk.
- Roer tamaties-en-ui-mengsel en bone in tamatiesous by spinasiemengsel.
- Geur na smaak met sout en rooipeper.
- Maak vier holtes in spinasiemengsel in braaipan en breek eiers in holtes.
- Plaas in oond en bak vir 12 minute of langer indien harder eiers verkies word.
- Verwyder uit oond en sit dadelik voor.