Hierdie Mexikaanse eiergereg kan as ontbyt of aandete gemaak word
4 porsies
Bestanddele
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel
5 ml (1 t) paprika
knypie rooipeper
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
500 g maalvleis
2 groot aartappels, in blokkies gesny
1 blik tamatiesmoor met rooirissie
4 eiers
Metode
- Braai ui, knoffel, speserye en maalvleis tot vleis bruin is.
- Roer aartappels en tamatiesmoor by maalvleismengsel. Kook tot aartappel amper sag is.
- Stel oond op 180 °C. Skep maalvleismengsel in groot oondbak.
- Maak vier gaatjies in maalvleismengsel en breek ’n eier in elke gaatjie.
- Bak vir 20–30 minute of tot eier gaar is volgens jou smaak.