Maak hierdie heerlike rollade vir ’n spesiale geleentheid
ROLLADE
4 ekstragroot eierwitte
knypie sout
250 ml (1 k) strooisuiker
7,5 ml (1½ t) mielieblom
5 ml (1 t) suurlemoensap
VULSEL
200 g (1 groot plak) witsjokolade
30 ml (2 e) pekanneute, grofgekap
250 ml (2 k) room
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
KERSIESOUS
4 25 g (1 blik) ontpitte swartkersies,
gedreineer
60 ml (4 e) suiker
20 ml (4 t) mielieblom
Stel oond op 160 °C.
- Rollade Klits eierwitte saam met sout tot stywepuntstadium.
- Voeg strooisuiker bietjies op ’n slag by en klits tot dik en glansend.
- Roer mielieblom en suurlemoensap by en skep in bakplaat van ongeveer 25 cm x 35 cm wat met bakpapier uitgevoer is. Sprei meringue gelyk.
- Bak vir 25 minute of tot ligbruin bo-op. Laat vyf minute in rolkoekpan afkoel.
- Keer versigtig op skoon stuk bakpapier uit wat met bietjie versiersuiker besprinkel is.
- Trek bakpapier aan ander kant af. Laat meringue vir so 15 minute afkoel.
- Vulsel Smelt sjokolade in mikrogolf op 50% krag tot gesmelt of smelt in dubbelkoker. Roer pekanneute daarby in.
- Klits room en vanieljegeursel tot styf.
- Vou gesmelte witsjokolade by styfgeklitste room.
- Smeer vulsel op meringue en rol versigtig met behulp van bakpapier op vanaf ’n kort kant.
- Swartkersiesous Meng kersiestroop, suiker en mielieblom saam in kastrol en verhit tot sous verdik. Roer kersies by.
- Laat sous afkoel en skep bo-oor rollade.
- Sit dadelik voor.