Meringue en room is ’n wenkombinasie! Maak dié heerlike meringue-en-room-koek
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
LEES OOK: Melk-en-meringue-poeding
8 tot 10 porsies
MERINGUEKOEK
8 ekstragroot eierwitte
625 ml (2½ k) strooisuiker
7,5 ml (1½ t) kremetart
5 ml (1 t) vanieljegeursel
60 ml (4 e) pekanneute, gekap
2 00 g (1 pakkie) Romany Creams,
grofgekap
VULSEL
500 ml (2 k) room
45 ml (3 e) versiersuiker, gesif
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
150 g (1) nougatstafie, fyngekap
1 25 g (1 pakkie) sjokoladeballetjies
(Chuckles), gehalveer
1 pakkie frambose (opsioneel)
LEES OOK: Suurlemoen-meringue-kaaskoek
Stel oond op 120 °C.
Metode
- Meringuekoek Klits eierwitte tot amper styf.
- Meng strooisuiker en kremetart. Voeg bietjiesgewys by eierwitte terwyl aanhoudend geklits word. Voeg vanieljegeursel by en klits weer vir ongeveer vier minute. Meringue moet styf, blink en glad wees.
- Roer pekanneute en gekapte koekies by meringuemengsel.
- Voer twee bakplate met bakpapier uit. Trek met behulp van ronde koekpan met 20 cm-deursnee drie sirkels op bakpapier. Spuit met kossproei.
- Verdeel meringuemengsel tussen drie sirkels en maak gelyk bo-op.
- Bak vir 1½ uur. Laat oonddeur op skrefie oop en laat vir nog vier uur in oond afkoel.
- Keer versigtig uit sodat meringues nie breek nie. Plaas een meringue op opdienbord.
- Vulsel Klits room saam met versiersuiker en vanieljegeursel tot styf.
- Roer nougat by room.
- Skep helfte van vulsel op meringuelaag. Plaas tweede meringuelaag boop, gevolg deur oorblywende vulsel. Plaas laaste meringuelaag bo-op.
- Strooi sjokoladeballetjies bo-op en sif bietjie versiersuiker bo-oor. (Frambose is opsioneel)
- Sit dadelik voor. Hierdie koek moenie te lank voor opdiening aanmekaargesit word nie anders word dit sag.