8 porsies
187 ml (¾ k) ligte bruinsuiker
250 ml (1 k) koekmeel
2,5 ml (½ t) sout
1 l (4 k) volroommelk
4 ekstragroot eiergele
60 ml (4 e) botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
60 ml (4 e) frambooskonfyt
MERINGUELAAG
4 ekstragroot eierwitte
60 ml (4 e) strooisuiker
Stel oond op 160 °C.
1 Roer suiker, koekmeel en sout saam in mengbak.
2 Verhit melk in kastrol. Voeg genoeg warm melk by meelmengsel om loperige pasta te maak.
3 Giet meelpasta by warm melk in kastrol terwyl jy roer. Laat kook oor lae hitte tot dik. Roer gereeld.
4 Klits eiergele en roer vinnig by melkmengsel. Laat prut vir twee minute en verwyder van stoofplaat.
5 Roer botter en vanieljegeursel by en verdeel tussen agt individuele bakkies of koppies wat jy in oond kan sit.
6 Verdeel konfyt tussen bakkies.
7 Meringuelaag Klits eierwitte styf en voeg strooisuiker bietjies op ’n slag by tot meringue dik en glansend is.
8 Verdeel eierwit tussen bakkies.
9 Bak vir 20 minute of tot eierwit goudbruin bo-op is.
10 Sit poeding louwarm voor.