Maak ’n lekker mediterreense koringslaai vir ’n slag
4 porsies
Bestanddele
500 ml (2 k) rou koring
1L (4 k) groente-aftreksel
2 50 g (1 houer) songedroogde tamaties in olie
100g (1 pakkie) olywe
3 sirkels fetakaas, in blokkies gesny
30 g (1 pakkie) basiliekruid
SOUS
30 ml (2 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) fyn knoffel
60 ml (¼ k) olyfolie
Metode
- Kook koring in aftreksel tot sag. Gooi nog vloeistof by indien nodig.
- Laat koring afkoel en skep in slaaibak.
- Sny tamaties in kleiner stukke. Verwyder olywe se pitte en gooi by koring. Roer feta en basiliekruid ook by.
- Sous Meng suurlemoensap, knoffel en olyfolie. Gooi oor slaai.