Vier die lente en die vars jong groente wat nou hul verskyning op die winkelrakke begin maak met hierdie heerlike en gesonde potjie – ’n puik pasmaat vir Drostdy-Hof Extra Light. Hou ’n koppie vol van die wyn vir die pot eenkant, want dit gee die Mediterreense smaak-allegaartjie ’n bietjie skop sodat die kruie, suurlemoen en feta net soveel lekkerder smaak.
’n Mens kry Drostdy-Hof Extra Light in bottels van 375 en 750 ml, asook 1,5 liter. Daar is ook tapvate van 2 en 5 liter. Hulle is oral in die land by die meeste kleinhandelaars.
Mediterreense groentepotjie
Bestanddele
60 ml olyfolie
2 preie, gewas en in skywe gesny
2 uie, gekap
3 selderystingels, dun gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
15 ml vinkelsaad
2 lourierblare
rooi, groen en geel soetrissie – 1 elk
500 ml groente-aftreksel
250 ml Drostdy-Hof Extra Light
250 g jong geelwortels
750 g klein aartappels
300 g groenboontjies
300 g pekeluitjies, gehalveer
5 groot jong murgpampoentjies, in skywe gesny
200 g jongmielies
500 g snoeptamaties
’n groot handvol jong spinasie
sout en gemaalde swart peper
skil van 2 suurlemoene
’n handvol gekapte pietersielie
2 skywe fetakaas, gekrummel
Metode
Maak die vuur soos gewoonlik. Sorg vir genoeg kole om ’n potjie gaar te maak. Verhit die olie in ’n middelslag-gietysterpot en braai die preie, uie, seldery, knoffel, vinkelsaad, lourierblare en soetrissies saggies tot goudbruin. Voeg die groente-aftreksel en Drostdy-Hof Extra Light by en roer. Voeg die aartappels en die wortels by en laat vir 30 minute stadig kook. Toets met ’n skerp mes om seker te maak die aartappels is sag. Voeg dan die groenboontjies, pekeluie, murgpampoentjies en jongmielies by en laat prut vir nog 10 tot 12 minute. Voeg ten slotte die snoeptamaties en jongspinasieblare by en roer die potjie. Geur met sout en gemaalde swart peper na smaak. Kombineer die suurlemoenskil, pietersielie en fetakaas en strooi net voor bediening oor die potjie. Bedien met koeskoes.
Lewer 6 tot 8 porsies.