Maak hierdie vinnige en maklike groentepotjie met McCain se geriefsprodukte wat deur chef Kabelo Segone ontwikkel is. Kyk ook na foto’s van die McCain Food Fundi-aand wat deur Vrouekeur bygewoon is.
Bestanddele
• 2 eetlepels olyfolie
• 100 g McCain se gekapte uie
• 100 g McCain se gekapte soetrissies
• 3 selderyestingels (sonder blare) fyngekap
• 1 eetlepel komynpoeier
• 4 blikke gekapte tamaties
• 2 eetlepels tamatiepasta
• 2 eetlepels koekmeel
• 300 g McCain-patats
• 200 g McCain-blomkool
• 200 g McCain-brokkoli
• 200 g McCain-groenboontjies
• 2 koppies warm groenteaftreksel
• 1 eetlepel vars koljander
• 100 g McCain-ertjies
• sout en peper
Metode
1. Soteer die uie, seldery en soetrissies in olyfolie in ‘n potjie.
2. Meng die komynpoeier, tamatiepasta, tamaties en koekmeel daarby.
3. Pak die patas, blomkool, brokkoli en groenboontjie in lae in die pot.
4. Voeg die groenteaftreksel en koljander by en kook vir 10 minute.
5. Voeg die ertjies by en kook tot groente sag en sous verdik is.
6. Geur met sout en peper.