Die lekkerste mayonnaise is dié wat tuisgemaak is. Dis maklik, vinnig en kan vir ’n paar weke in die yskas gebêre word.
Tuisgemaakte mayonnaise lewer 2 koppies
Wenke
- Gebruik ’n glasbak – ’n metaalbak mag dalk jou mayonnaise verkleur.
- Gebruik gehaltesonneblomolie. Dit sal vir ’n goeie geur sorg. u Vermy olyfolie – dit kan mayonnaise ’n groen kleur gee.
- As jou mengsel skif, begin met ’n eiergeel in ’n skoon bak. Gooi van die geskifte mengsel teelepel vir teelepel by terwyl jy klits. Dit sal dan ’n nuwe emulsie vorm.
- Jy kan ook ’n elektriese menger gebruik om dinge makliker te maak.
- As jou mengsel skif, begin met ’n eiergeel in ’n skoon bak. Gooi van die geskifte mengsel teelepel vir teelepel by terwyl jy klits. Dit sal dan ’n nuwe emulsie vorm. u Jy kan ook ’n elektriese menger gebruik om dinge makliker te maak.
Bestanddele
4 eiergele
5 ml (1 t) Dijonmosterd
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
500 ml (2 k) sonneblomolie
sout en peper
Metode
- Klits eiergele, mosterd en helfte van suurlemoensap saam.
- Gooi olie druppel vir druppel in eiermengsel terwyl jy aanhoudend met klitser klits.
- Wanneer mengsel begin verdik, gooi dit teelepel vir teelepel by. Hou aan klits.
- Hou aan tot olie op en mengsel dik en liggeel is.
- Proe of daar genoeg suur in is. Gooi laaste bietjie suurlemoensap by en geur met sout en peper.