Hoe lekker lyk hierdie Marokkaanse skaap-en-appelkoos-tagine nie?
4 porsies
Bestanddele
10 ml (2 t) fyn paprika
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie fyn kardemom
knypie brandrissievlokkies
1 suurlemoen se sap en skil
bietjie olie
600 g skaapvleis
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
30 ml (2 e) tamatiepasta
500 ml (2 k) beesaftreksel
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
250 ml (1 k) gedroogde appelkose
handvol koljanderblare
100 g (1 pakkie) gekapte pistasieneute
Metode
- Meng speserye, suurlemoensap en -skil saam. Gooi genoeg olie by sodat pasta vorm. Laat skaapvleis vir minimum van 20 minute of oornag daarin marineer.
- Verhit olie en braai ui, knoffel en gemmer tot sag. Skep uit en hou eenkant.
- Gooi nog bietjie olie in pan en braai vleis tot goudbruin.
- Gooi tamatiepasta en aftreksel by vleis en laat stadig prut tot vleis sag is.
- Gooi appelkose, koljanderblare en gekapte pistasieneute by.
- Bedien met koeskoes.