Hierdie sout koek kan met Marmite of Bovril gemaak word – die keuse is joune
Deur MARELI VISSER
1 koek
Bestanddele
60 ml (¼ k) olie
2 eiers
125 ml (105 g) suiker
500 ml (270 g) bruismeel
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) melk
2 50 ml (80 g) cheddarkaas, gerasper
SOUS
125 ml (120 g) botter
30 ml (2 e) Marmite/Bovril
125 ml (40 g) cheddarkaas, gerasper
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en spuit vierkantige 23 cm-oondbak met kleefwerende sproei.
- Klits olie, eiers en suiker tot lig en donsig.
- Sif meel, bakpoeier en sout saam.
- Vou meelmengsel en melk beurtelings by eiermengsel in. Vou gerasperde kaas laaste in.
- Skep beslag in oondbak en bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar.
- Sous Smelt botter en Marmite/Bovril.
- Sit oond af, haal warm koek uit oond en prik vol gaatjies. Gooi gesmelte bottermengsel oor koek.
- Sprinkel gerasperde kaas oor koek en sit terug in warm oond om te smelt.
- Sny koek in netjiese blokke en bedien.