Porsie: 12 blokkies
Bestanddele: Koek
125 g ongesoute botter (teen kamertemperatuur)
325 g strooisuiker
6 eiers
200 g fyn semolina
100 g gemaalde kasjoeneut (of gemaalde amandelneute)
5½ e heuning
2 t gemaalde kaneel
½ t gerasperde neutmuskaat
1 t gemaalde kardemom
2 e rooswater
1 t vanieljegeursel
Die skil van 1 suurlemoen en 1 lemoen

Bestanddele: Kardemom-en-granaat-sjrikhand
250 g hoë-kwaliteit Griekse jogurt
2½ e versiersuiker
½ t gemaalde kardemom
Die sade van ‘n halwe granaat
Metode: Koek
1 Verhit die oond tot 150° C
2 Smeer ‘n reghoekige koekpan (ongeveer 30 cm x 20 cm) met waspapier en ‘n dun lagie botter
3 Verroom die botter en strooisuiker saam en sit eenkant
4 Meng die eiers saam in ‘n ander bak en voeg dan die suiker-en-bottermengsel stadig by
5 Vou die semolina, gemaalde kasjoeneute, heuning, kaneel, neutmuskaat, kardemom, rooswater, vanieljegeursel, en skil van die lemoen en suurlemoen in
6 Vou die mengsel saam en skep dit in die koekpan
7 Bak vir 45 minute of totdat die bokant goudbruin en die koek ferm is. Los om af te koel voordat jy dit uit die koekpan haal of sny.

Metode: Kardemom-en-granaat-sjrikhand
1 Meng die jogurt, versiersuiker, kardemom en helfte van die granaatsade in ‘n bak
2 Los die bestanddele om so lank as moontlik te staan voor dit bedien word
Bedieningsvoorstel
Bedien ‘n sny koek met ‘n skep jogurt en sprinkel granaatsade bo-oor