Ry gou kafee toe en koop ‘n blikkie kondensmelk en ingedampte melk en maak hierdie heerlike melktertjiesopies. Dit laat jou definitief lekkerder voel as melktert!
Mareli se melktertjiesopies
1 liter
Bestanddele
375 ml vodka
1 blik (385 g) kondensmelk
1 blik (380 g) ingedampte melk
fyn kaneel vir opdiening
Klik hier vir ‘n vinnige, korslose melktert-resep
Metode
- Meng al die bestanddele in die voedselverwerker tot goed gemeng.
- Plaas in die yskas en verkil.
- Bedien in sopieglasies en sprinkel met fyn kaneel.
- Hou matigheid voor oë.