Mango’s is nou in seisoen. Jy kan dit verpulp, vries en ook ’n heerlike koek daarmee bak
1 ringkoek
Bestanddele
KOEK
4 ekstragroot eiers
187 ml (3/4 k) strooisuiker
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
187 ml (3/4 k) mangopuree
90 ml (6 e) water
90 ml (6 e) olie
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
1 ml sout
30 ml (2 e) gevlokte amandels
30 ml (2 e) pistasieneute, grofgekap
250 ml (1 k) mango, geskil en in blokkies gesny
VERSIERSEL
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
20 ml (2 e) kookwater
15 ml (1 e) gevlokte amandels
15 ml (1 e) pistasieneute, grofgekap
Maak ook ‘n klam lemoenkoek
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Koek Klits eiers en strooisuiker saam tot liggeel, ongeveer 6 minute. Roer vanieljegeursel by.
- Roer mangopuree, water en olie bymekaar.
- Sif meel, bakpoeier en sout saam.
- Roer gesifte bestanddele en mangopuree beurtelings by eiermengsel. Roer tot goed gemeng.
- Roer amandels, neute en mangoblokkies liggies by beslag.
- Spuit ronde, tuitvormige koekpan van 26 cm deursnee met kossproei. Skud koekpan met bietjie koekmeel. Skud oortollige koekmeel uit.
- Skep deeg in koekpan en bak vir 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat bietjie in koekpan afkoel en keer koek op draadrakkie uit tot heeltemal afgekoel.
- Versiersel Meng net genoeg kookwater by versiersuiker tot drupbare (nie loperig nie) versiersel vorm.
- Skep versiersel oor koek en sprinkel amandelvlokkies en pistasieneute oor.