Het jy al ooit probeer om makrolletjies te maak? As jy die regte resep het, is dit maklik om die kuns te bemeester!
Deur MARLO CARSTENS
ongeveer 30 dubbele koekies
Bestanddele
375 ml (1½ k) versiersuiker, gesif
2 50 ml (1 k) fyngemaalde amandels (styf ingedruk)
3 ekstragroot eierwitte
45 ml (3 e) strooisuiker
1 druppel jelkleursel, in kleur van jou keuse
Vulsel
50 g sagte botter
250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
1 druppel jelkleursel
LEES OOK: Pienk ystervarkies (lamingtons)
Metode
Stel oond op 130 °C.
- Verwerk versiersuiker en amandels in voedselverwerker vir ongeveer 3 minute of tot mengsel soos meel lyk.
- Sif amandelmengsel twee keer. Gooi enige growwe oorblyfsels weg.
- Klits eierwitte tot sagtepuntstadium. Voeg strooisuiker bietjies-bietjies by terwyl geklits word tot meringue glad is. Voeg jelkleursel by en klits deur.
- Vou amandelmeel versigtig bietjiesbietjies by meringue in. Die mengsel moenie loperig wees nie.
- Skep amandelmengsel in versierbuis met ronde middelslagspuitpunt.
- Plaas bakpapier op bakplate en trek met potlood sirkels met 3 cmdeursnee op bakpapier.
- Spuit amandelmengsel op sirkels.
- Laat staan bakplaat vir 20 minute op warm plek sodat velletjie op bokant van koekies vorm.
- Bak vir 15 minute. Maak oonddeur effens oop, draai hitte na 90 °C en bak nog 30 minute.
- Maak oonddeur heeltemal oop en laat op bakplate afkoel.
- Vulsel Room botter en versiersuiker tot liggeel. Voeg kleursel by en klits goed.
- Skep vulsel in versiersak met ronde punt. Spuit bietjie versiersel op helfte van koekies en plaas ander helfte bo-op.
Wenk
Gebruik die fynste en beste gehalte fyn amandels wat jy kan kry. Dit verseker ’n beter eindproduk. Bak ook liewer op ’n warm, droë dag vir die beste resultate.