Hierdie is een van die maklikste resepte vir vetkoek!
4 tot 6 porsies
Bestanddele
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
1 ml sout
250 ml (1 k) volroommelk
20 ml (4 t) olie
750 ml (1 bottel) olie vir diepvetbraai
Metode
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
- Meng melk en olie en roer by meelmengsel.
- Skep groot teelepels vol deeg in warm olie.
- Braai ongeveer vier minute tot goudbruin buiteom en gaar in middel.
- Skep klaar gebraaide vetkoek op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.
- Sit voor soos verkies.
