
Hierdie is een van die maklikste en vinnigste skons-resepte. Ons in die Vrouekeur-kantoor maak dit gereeld!
Maak ongeveer 12 skons
Bestanddele
2 k koekmeel
4 t bakpoeier
½ t sout
⅓ k olie
½ k melk
1 eier
Metode
- Voorverhit oond tot 180 ° C.
- Sif die droë bestanddele saam.
- Meng die nat bestanddele saam.
- Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele.
- Meng liggies tot ‘n deeg.
- Druk uit tot ‘n dikte van ongeveer 2cm.
- Druk sirkels met ‘n koekiedrukker (of glas) uit en pak op gesmeerde bakplaat.
- Sit in oond vir 15-20 minute of tot bruin.

