Maak maklike pizza vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
1 kop blomkool
1 eiergeel sout en peper
200 g (1 pakkie) stukkies spek
1 ui, in halfmaanringetjies gesny
80 ml (1/3 k) suikervrye tamatiepastasous
1 eiervrug, in ringetjies gesny
250 ml (1 k) gerasperde kaas
handvol vars basiliekruid
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Rasper blomkool teen growwe kant van rasper.
- Kook in soutwater tot gaar, dreineer baie goed.
- Sit blomkool in kombuisdoek, vou toe en druk alle orige water uit.
- Meng blomkoolstukkies, eiergeel, sout en peper.
- Druk blomkoolmengsel plat op gesmeerde bakplaat. Bak vir 10 minute.
- Braai spek tot bros in bietjie klapperolie, skep uit en hou eenkant.
- Braai uie in dieselfde pan.
- Smeer tamatiepastasous op blomkoolbasis, gevolg deur ui en spek. sprinkel met gerasperde kaas.
- Bak vir 20 minute of tot kaas bros en gesmelt is. Bedien met handvol basiliekruidblare bo-op.