Lamskenkels is altyd ‘n treffer. Bederf jou mense met hierdie lekker resep
4 porsies
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
410 g (1 blik) gekapte tamaties
375 ml (1½ k) beesvleisaftreksel
375 ml (1½ k) rooiwyn
knypie droë roosmaryn
knypie droë pietersielie
1 lourierblaar
1 ml sout
swartpeper na smaak
15 ml (1 e) ligte bruinsuiker
4 groot lamskenkels
Stel oond op 180 °C.
- Giet ui, knoffel, tamaties, beesvleisaftreksel en rooiwyn saam in diep oondbak.
- Roer roosmaryn, pietersielie, lourierblaar, sout, peper en bruinsuiker daarby.
- Sit skenkels in. Plaas deksel op en bak vir 2-2 ½ uur in oond.
- Kyk gedurende baktyd of nog vloeistof nodig is. Vul vloeistof met water aan indien nodig.
- Skep soveel moontlik van sous af. Verhit sous oor matige hitte in kastrol sonder deksel tot sous afgekook het en effens verdik is.
- Proe en voeg nog sout en peper by indien nodig. Giet sous weer oor skenkels en bak nog 20 minute tot deurwarm.
- Sit warm saam met koeskoes of kapokaartappels voor.