Bederf iemand met klapperys om hul spesiaal te laat voel!
Deur MARLO CARSTENS
Foto’s ELMARIE KNAPTON
ongeveer 24 hartjies afhangende van koekiedrukker se grootte
Bestanddele
385 g (1 blik) kondensmelk
1 druppel rooi voedselkleursel
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
360 g (4½ k) fyn klapper
Metode
- Meng kondensmelk en voedselkleursel in groot mengbak.
- Roer versiersuiker by tot goed gemeng.
- Roer klapper by en meng goed met hande.
- Druk klapperys in bakplaat van 20 cm x 26 cm wat met bakpapier uitgevoer is vas. Maak gelyk bo-op.
- Laat 1 uur eenkant staan om te stol.
- Druk hartjies met koekiedrukker so ná as moontlik aan mekaar uit.
- Lig versigtig met behulp van bakpapier uit. Berg in lugdigte houer.