Wat is lekkerder as ’n warm sny appeltert met styfgeklopte room? Bak dié maklike een en bederf jou mense
Deur: Mareli Visser
1 tert
Bestanddele
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
250 ml (1 k) suiker
250 g botter (kamertemperatuur)
6 middelslag-appels (Granny Smith)
125 ml (½ k) sultanas
125 ml (½ k) suiker
2,5 ml (½ t) kaneel
knippie sout
250 ml (1 k) water
10 ml (2 t) vlapoeier
80 ml (1/3 k) water
Metode
Verhit oond tot 180 °C.
- Sif meel en bakpoeier en meng suiker by.
- Vryf botter in om sagte deeg te vorm.
- Bêre kwart van deeg as ’n bal in yskas.
- Druk res van deeg in tertpan, verkoel in yskas.
- Skil appels en sny in agtstes.
- Kook appels, sultanas, suiker, kaneel, sout en water saam tot appels sag is.
- Meng vlapoeier en 80 ml water, voeg by appels en kook tot dik.
- Skep appelmengsel bo-op kors en rasper bal deeg bo-oor.
- Bak vir 20 minute tot goudbruin.
- Bedien warm met styfgeklopte room.