Macaroni-en-kaas is ’n gunsteling onder baie mense. Probeer hierdie resep
4 porsies
Bestanddele
400 g (¾ pak) macaroni
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) olie
KAASSOUS
70 g botter
187 ml (¾ k) koekmeel
625 ml (2½ k) volroommelk
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
knypie sout
knypie rooipeper
knypie paprika
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper
BOLAAG
2 50 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
125 ml (½ k) droë broodkrummels
MAAK OOK: Sampioen-en-spek-pastagebak
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Kook pasta tot al dente in borrelende water waarby sout en olie gevoeg is.
- Dreineer en spoel onder lopende water af.
- Roer klein bietjie olie deur pasta sodat dit nie aan mekaar vaskleef nie.
- Kaassous Smelt botter in kastrol en voeg koekmeel by. Roer goed tot gemeng.
- Voeg bietjies melk op ’n slag by terwyl jy gereeld roer sodat klonte nie vorm nie.
- Voeg hoenderaftreksel by en roer tot glad. Prut tot sous verdik, ongeveer vier minute.
- Roer sout, rooipeper, paprika en kase by sous.
- Roer gaar pasta by kaassous.
- Skep in gesmeerde oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm.
- Bolaag Sprinkel kaas en broodkrummels oor en bak vir 20 minute tot kaas gesmelt is en sit warm voor.