4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
knypie droë rooipeper
sout na smaak
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
600 g beesmaalvleis
75 ml (5 e) Bisto
187 ml (¾ k) warm water
60 ml (4 e) blatjang
4 tot 6 sagte meeltorilla’s
2 tamaties, in blokkies gesny
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
vars koljanderblare
Metode
1. Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag.
2. Voeg rooipeper, sout, pietersielie en maalvleis by en soteer tot vleis net gaar is.
3. Maak Bisto met bietjie van warm water tot gladde pasta aan. Roer oorblywende water by. Meng by maalvleis en kook tot verdik.
4. Roer blatjang by. Hou warm tot benodig.
5. Verhit tortilla’s effens.
6. Sprinkel tamatie en kaas bo-op elke tortilla. Skep maalvleis en koljanderblare bo-op.