Maalvleis is altyd lekker. Probeer bietjie iets nuut met dit en maak hierdie maalvleispakkies
4 porsies
Bestanddele
MAALVLEIS
bietjie olie
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
600 g beesmaalvleis
4 grasuie, gekap
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
handvol vars koljanderblare, fyngekap
handvol vars pietersielie, fyngekap
knypie fyn gemmer
sout en peper na smaak
45 ml (3 e) Hoisinsous (Woolworths)
12 ronde ryspapiervelle
ekstra olie vir vlakvetbraai
LEES OOK: Vinnige maalvleisrol
Metode
- Maalvleis Verhit olie en soteer knoffel vir een minuut. Voeg maalvleis by en soteer tot verbruin.
- Voeg grasuie, brandrissie, koljander, pietersielie, gemmer, sout en peper by. Soteer nog drie minute.
- Voeg Hoisinsous by en roer deur. Verwyder van hitte.
- Week ryspapier vir 30 sekondes in warm water en haal uit soos benodig.
- Skep eetlepel van maalvleisvulsel op rand van velletjie en vou om vulsel toe te kan maak. Vou tot al die kante toe is.
- Verf rand met water om te seël. Doen dieselfde met oorblywende vulsel.
- Verhit bietjie olie en braai maalvleispakkies tot goudbruin.
- Sit warm saam met groente of soos verkies voor.