Maak maalvleiskoftas met suurroom vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
500 g maalvleis
45 ml (3 e) gedroogde pietersielie
1 eier
80 ml (1/3 k) broodkrummels
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie rooipeper
½ ui, gerasper
sout en peper
Metode
- Meng al die bestanddele goed saam.
- Maak balletjies, omtrent grootte van groot frikkadel.
- Druk vleisballetjie om houtstokkie en rol effe langer.
- Braai in warm pan tot gaar en bruin. Bedien saam met suurroom.