Het jy al ooit probeer om ’n maalvleisbrood te maak? Dis baie maklik! Maak dit sommer vanaand
6 porsies
VLEISBROOD
800 g beesmaalvleis
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
250 ml (1 k) vars broodkrummels
5 ml (1 t) sout
knypie swartpeper
2 eiers
45 ml (3 e) blatjang
SOUS
125 ml (½ k) tamatiesous
7,5 ml (1½ t) Dijon-mosterd
30 ml (2 e) bruinasyn
125 ml (½ k) bruinsuiker
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Vleisbrood Meng al die bestanddele vir brood en druk in broodpan van 20 cm x 8 cm vas.
- Bak vir 40 minute. Giet oortollige vet af.
- Sous Meng bestanddele vir sous in kastrol.
- Bring tot kookpunt en laat nog vyf minute op stoofplaat prut. Verwyder van hitte en giet oor broodjie.
- Verlaag oond se hitte na 160 °C. Plaas terug in oond vir nog 15 minute.
- Laat brood bietjie afkoel en keer uit. Sit in skywe saam met slaai voor.