6 porsies
Bestanddele
800 g ekstra maer beesmaalvleis
2 uie, fyn gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1 hoenderaftrekselblokkie
knypie peper
45 ml (3 e) blatjang
5 ml (1 t) Worcestershire-sous
65 g (1 klein blikkie) tamatiepuree
60 ml (4 e) water
410 g (1 blik) gemengde boontjies gedreineer
1 pakkie sagte meeltortillas
250 g (1 bakkie) laevetmaaskaas
blaarslaai
2 avokado’s, geskil en in skyfies gesny
45 ml (3 e) suurlemoensap
Metode
1. Soteer maalvleis tot gaar en los van mekaar.
2. Voeg uie en knoffel by en soteer tot ui ook gaar is.
3. Voeg aftreksel, peper, blatjang, Worcestershiresous, tamatiepuree, water en boontjies by maalvleis, meng goed en laat vir 10 min. prut tot alle vloeistof verdamp het.
4. Smeer tortillas met maaskaas aan een kant.
5. Was blaarslaai skoon en plaas in dun lagie bo-op maaskaas.
6. Plaas avokadoskyfies bo-op en sprinkel met suurlemoensap sodat dit nie bruin verkleur nie.
7. Skep maalvleis op een kant van tortilla en rol van daardie kant af op.
8. Sit dadelik voor.