Vir warm dae is ‘n koue drinkdingetjie net die antwoord. Ons plaas ’n paar resepte in ons 14 November-uitgawe. Hier is nog een.
Dié resep is genoeg vir 8 drankies
Bestanddele
500 ml (2 k) sterk filterkoffie, afgekoel
80 ml (? k) kondensmelk
genoeg ys
750 ml (3 k) koue afgeroomde melk
80 ml (? k) kondensmelk
genoeg ys
750 ml (3 k) koue afgeroomde melk
Metode
1 Vul agt glase halfvol met ys.
2 Roer kondensmelk by koffie en plaas vir een uur in vrieskas sodat dit vinnig koud kan word.
3 Verdeel koue koffie tussen glase.
4 Verdeel koue melk tussen glase.
5 Sit dadelik voor.
Wenk Jy kan ook die kondensmelk met suiker of Nutella-sjokoladesmeer vervang.