Hierdie heerlike resep maak genoeg vir ses mense, het Maryke Roberts by sjef, Louisa Greeff van Durbanville Hills, uitgevind.
HOENDERLEWERPATEE
1 gekapte ui
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 kg hoenderlewers
5 ml (1 t) tiemie, fyngekap
1 geskilde en gerasperde appel
100 ml brandewyn
100 ml room
sout en peper na smaak
½ blok gesmelte botter
APPELLIEFIEJELLIE
500 g appelliefies
100 ml water
50 g suiker
5 ml (1 t) tiemie, gekap
1 gelatienblaar
Metode
1. Hoenderlewerpatee Soteer ui en knoffel, voeg tiemie, appel en hoenderlewers by en kook vir 5 minute.
2. Voeg room by en kook vir verdere 10 minute tot romerig.
3. Voeg sout, peper en botter by voor jy dit deur sif druk.
4. Gooi in klein ramekinbakkies en laat in yskas afkoel en stol.
5. Appelliefiejellie Kook appelliefies, water, suiker en tiemie vir 5 minute. Laat afkoel, klits gelatienblaar in en smeer dun lagie oor patee.
6. Sit voor met Melba-roosterbrood, knoffelbruschetta of vars brood.
Stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting oor die restaurant